TONGAAT HULETT ONTVANG NIE GELD IN RUIL VIR WERKSAANBIEDINGE NIE

4 Februarie 2019

Die indiensnemingsprosesse wat ons volg is regverdig en beproef, en geen werksaanbod van ons kant sal ooit onderhewig wees aan enige vorm van betaling deur die aansoeker nie.

Wees asb daarop bedag dat indien u genader word vir ‘n posisie in ruil vir geld, dit as bedrog beskou sal word. Ons moedig u aan om sulke voorvalle anoniem te rapporteer by ons sogenaamde 365/24/7 FreeCall Tip-offs Anonymous-diens by 0800 21 21 87 of tongaat@tip-offs.com.

Indien u graag by Tongaat Hulett wil werk, besoek asb die volgende webwerwe waar ons beskikbare poste geadverteer word: